Head Office:
20 Seventh Avenue, Parktown North
Tel: 011 327 6411 Email: info@hispeoplejoburg.org

HP Kerk

 

His People Kerk

His People Kerk is ‘n nuwe gemeente in die His People Joburg Kerk Familie.  Die Kerk is gebore uit ‘n behoefte om die Koninkryk van God uit te brei na Afrikaans sprekendes.  Alhoewel die Kerk tweetalig Afrikaans/Engels is, is die fokus daarop om ‘n diens te skep waar  mense Christus kan beleef.  Ons beskou dissipelskap as kardinaal om lewens en die kultuur om ons te verander.  Daarom is mentorskap groepe en konnek groep deel van ons DNA, om Koninkryk Waardes te groei in elke person wat deel raak van His People Kerk. 

Ons dienste vind plaas by die Orban Skool in Winchester Straat, Westdene, 2092 elke sondag oggend, 10:00.   

Kinders is ‘n baie belangrike fokus by His People Kerk.  Deur die skepping van ‘n prettige leer atmosfeer  kry die kinders die geleentheid om Jesus se teenwoordigheid te beleef en te groei in Sy Woord.   

Ons strategie is om die Kerk te bou deur vriendskappe en gesonde verhoudinge.  Ps Ryan and Marita Caley lei His People Kerk saam met ‘n wonderlike span wat passievol is om die Koninkryk van God gevestig te sien in elke area van ons samelewing. 

His People Kerk is ‘n geleentheid om deel te raak van ‘n geestelike familie wat doelgerig is om Herlewing te sien kom na Afrikaans sprekende mense.

Document Actions
Vir meer inligting oor His People Kerk:

  • Ps Ryan Caley - 082 329 0302
  • Ps Marita Caley - 083 627 4726

Omin te skakel by ‘n Konnek Groep Kontak:

  • Chris en Marguerite Dippenaar - 082 564 6267
  • Jacques van den Berg - 082 780 5514
  • Katherine van Heerden - 072 378 7340
  • Emil Erdmann - 083 997 7556
  • De Vos Human (Kampus konnek groep) - 082 475 2144